Slaap apnee, snork, CPAP, APAP-HomeHealth Solutions - SnoreSister

AFRIKAANS


Is snork skadelik?


Gedurende normale slaap hou die spiere wat die tong en die sagte verhemelte beheer die lugweg oop. Maar wanneer hierdie spiere ontspan, laat dit die lugweg verklein. Wanneer ‘n mens dan inasem begin die sagte of slap deel van die lugweg vibreer, met die gevolg dat snork ontstaan.

In sommige gevalle kan dit baie hard en onaangenaam wees.

Gewoonlik word snork deur ‘n vriend of maat waargeneem wanneer die pasiënt slaap. Maar benewens die “steurnis” van gesnork, is die toestand van slaapapnee en die simptome van snork baie meer kompleks.

Obstruktiewe Slaap Apnee (OSA)

Dit is ‘n aandoening wat gekenmerk word deur abnormale pouses in die asemhalingsproses, of gevalle van abnormale vlak asemhaling gedurende slaaptye.

Die lugweg kan vernou sodat lugvloei beperk word gedurende asemhalinghesis: Vibreer, soos gehoor word gedurende snork Kollaps,sodat asemhaling heeltemal stopgesit word.

Elke pouse gedurende‘n asemhaling word ‘n apnee genoem. Dit kan van tien sekondes tot minute duur, kan vyf keer of meer gedurende ‘n uur gebeur en ook verskeie honderd kere per nag plaasvind. Netso word ’n moment van abnormale vlak asemhaling ‘n hypopnee genoem.

Gedurende Obstruktiewe Slaap-Apnee(OSA) word asemhaling onderbreek deur ‘n fisiese blok in die lugstroom, ongeag pogings om asem te haal en snork is die gevolg.

‘n Persoon wat slaap-apnee onderlede het is baie keer onbewus daarvan dat hy probleme het om asem te haal,selfs al maak die steurnis hom wakker.

Simptome mag vir jare teenwoordig wees (selfs dekades),sonder dat dit geidentifiseer is.

Gedurende hierdie tyd kon die lyer dalk daaraan gewoond geraak het dat hy bedags effens vakerig en moeg voel, hoewel dit in werklikheid ‘n teken is dat hy aan betekenisvolle vlakke van slaapversteuring ly.

Daar is verskeie faktore wat die toestand van keelvernouing gedurende slaap vererger. Die faktore is oorgewig, gebruik van alkohol, abnormaliteite in die neus en keel, rook en die gebruik van slaappille.

Matige slaap-apnee wat soms voorkom soos byvoorbeeld gedurende boonste lugwegontsteking, mag waarskynlik nie belangrik wees nie. Maar chroniese, ernstig obstruktiewe slaap-apnee vereis behandeling om lae bloedsuurstofvlakke, slaapverlies en ander gevolge te voorkom.

Om ‘n goeie nagrus vir die eerste keer in baie jare te geniet, lei dikwels tot betekenisvolle verbeterings in ander aspekte van die persoon se lewe, soos fisiologiese gesondheid en geluk.

Behandeling van OSA kan bydra tot ‘n vermindering van snork, wat beide die lyer en sy of haar bedmaat bevoordeel, terwyl verbeterde slaapvermoë ook tot ‘n meeval in die lewenskwaliteit lei omdat OSA-verwante simptome verminder word.

Effektiewe behandeling van OSA verminder die risiko van hartvatprobleme, lewer ook beter beheer oor verhoogde bloeddruk en kan selfs ‘n positiewe effek hê op die beheer van diabetiese kontrole.

By sommige persone kan leefstylveranderings voldoende wees om snork en moontlik OSA te beheer. Sommige aanbevelings sluit in gewigsverlies, ophou met rook, vermyding van alkohol en kalmeermiddels gedurende die aand. Ander metodes sluit in mondelinge hulpmiddels.

Die mees algemene behandeling vir matige tot ernstige slaap-apnee is die gebruik van ‘n toestel vir onafgebroke drukking in die lugweg. (Engels vir CPAP is “automatic positive airway pressure”), wat die persoon se lugweg gedurende sy slaaptyd deur middel van ‘n lugstroom wat onder druk geplaas is “oopstoot” wanneer dit in sy keel ingestroom word.

Die pasiënt gebruik ‘n gesigmasker hiervoor wat met ‘n buigsame buis verbind is aan ‘n klein CPAP-toestel wat langs die bed geplaas word. Die CPAP-toestel genereer dan die nodige lugdruk om die pasiënt se lugweë tydens sy slaaptyd oop te hou.

Gevorderde modelle van die toestel kan die lugdruk verhit en of bevogtig en die pasiënt se asemhaling kontroleer ten einde goeie behandeling te verseker.

Daar is verskillende masker-tipes en om die mees gamaklike masker te vind, is noodsaaklik vir doeltreffende CPAP-behandeling. Dit kan vergelyk word met die aankoop van skoene wat nie gemaklik pas nie – wie sal bereid wees om dit elke dag te dra?

Wie kry Slaap Apnee?
  • Meer mans as dames
  • Gesette persone
  • Ouderdomgroep 40 – 64 jaar
  • Rokers
  • Familiegeskiedenis van snork
  • Omvang van die persoon se nek
  • manlik plus minus 43 cm
  • vroulik plus minus 40 cm
  • Neus-obstruksies
  • Senuspierstelsel siektes (Neuromuscular)


Wat is die tekens van Slaap Apnee?
 
  • ‘n Gevoel van buitengewone slaperigheid of moegheid nieteenstaande ‘n goeie nagrus
  • Snak na asem, verstikking of snork gedurende slaap
  • Word met ‘n hoofpyn of moeg wakker
  • Raak in ongemaklike situasies aan die slaap (fliek, kerk, stil sit) sonder ‘n voorneme om te slaap
  • Geheue- en konsentrasieprobleme
  • Humeurigheid en liggeraaktheid 
  • Persoonlikheidsveranderings
  • Aggressiwiteit, angs, prikkelbaarheid 
  • Depressie 
  • Herhaalde wakkerword gedurende die nag 
  • Nagsweet 
  • Gewigtoename 
  • Impotensie, lae libido 
  • Droë mond, kwyl


Is OSA lewensgevaarlik ?

OSA word verbind met ‘n aantal ernstige lewensgevaarlike toestande, waaronder bloedruk, hartsiektes, beroerte, tipe 2-diabetes en depressie. As gevolg van ernstig ontwrigte slaap, voel persone wat aan OSA ly gedurende die dag buitengewoon moeg.
Studies wat onderneem is koppel verkeersongelukke met hierdie moegheid.


Tuis Slaap Studies
 
Hierdie toets is ‘n eenvoudige toets om wantoestande vir asemhaling te diagnoseer, soos snork, slaapapnee/ hypopnee, asemhaling deur die mond, versmoring, ensovoorts.


Voordele

 
  • Dit is nie nodig om op ‘n lang waglys te wees of die ongerief te beleef om ‘n nag in ‘n slaaphospitaal deur te bring nie.
  • Geen werktydverliese nie
  • Bekostigbare prys
  • Die toestel kan self gehaal word
  • Neem egter kennis dat nie alle mediese fondse die koste van slaapstudies by die huis betaal nie.

Die resultate van slaaptoetse wat tuis gedoen word, word geanaliseer vir die volgende: Apnee (wanneer asemhaling gedurende die nag vir meer as tien keer gestaak het); Hypopnee (wanneer asemhaling so vervlak het dat die suurstofinhoud met 4% verlaag het vir meer as tien sekondes per geleentheid); Snork; Polsslag en Suurstofvlakke.

INDIEN U ‘N PROBLEEM ONDERVIND OF HULP BENODIG WANNEER U MOET BESLUIT WATTER TOESTEL U BENODIG, MOENIE HUIWER OM ONS VIR HULP TE SKAKEL NIE .

Hieronder is sekere basiese begrippe wat begryp moet word alvorens daar op ‘n CPAP-toestel besluit kan word

CPAP / APAP / BiPAP
Terapie word die meeste aanbeveel en is die mees doeltreffende behandeling vir slaapversteurings soos Obstruktiewe Slaap-Apnee (OSA).
 
‘n CPAP-toestel verskaf lug aan die pasiënt teen ‘n konstante drukking deur middel van ‘n buis en ‘n CPAP-gesigmasker gedurende sy slaaptyd.
 
Die CPAP-masjien se konstante lugstroom hou die lugweg oop sodat asemhaling ononderbroke gedurende slaaptyd kan voortgaan. Hierdie proses skakel apnee-oomblikke uit en verseker dat die gebruiker ‘n rustige nagrus kan geniet. Die drukking van die lug word vooraf bepaal deur ‘n slaapstudie.

“Automatic Positive Airway Pressure”
 

Toestelle reguleer die lugstroom outomaties op ‘n basis van asemhaling na asemhaling. Die toestelle is die CPAP BiLevel Hierdie toestelle beskik oor twee verskillende verstelbare drukvlakke vir ‘n hoër vlak vir inasem en ‘n laer vlak vir uitasem.

Die toestelle is klein, kompak, lig en ideaal vir kampeerders en reisigers. Alle CPAP-toestelle se werking veroorsaak ‘n ligte gedruis.

Die mate van gedruis mag steurend wees vir die pasiënt of ander persone en daarom is sommiges met ‘n baie lae gedruisvlak beskikbaar.

Bevogtigers

Voeg klammigheid by die lugstroom vanaf die CPAP-toestel en dit verminder uitdroging en swelling. Dit is die hoofelement vir suksesvolle terapie

Maskers
 
Is die mees problematiese deel van die terapie. Per slot van rekening is maskers die deel van die toestel wat ‘n groot deel van die gesig vir verskeie ure van die dag of nag bedek. Die gesig is juis een van die sensitiefste dele van die liggaam.

Indien die masker nie goed pas nie, mag dit drukpunte op die gesig veroorsaak, of lug mag uitlek. Hierdie probleme kan die pasiënt aanspoor om gebruik van die masker te vermy nie en gevolglik sy  behandeling op die spel plaas.